Hi Bloubul,
Ongelukkig woon ek die afgelope twee jaar in Thailand en speel die lotto oor die internet. Ek gebruik Lottofun, maar hul het soveel probleme met hul stelsel gehad en ek sukkel nog om 'n nuwe login uit hul te kry.
Ek gebruik hier en daar iets uit GH, maar gebruik hoofsaaklik Expertlotto. Dis 'n baie ingewikkelde stelsel en na 5 jaar van eksperimentering sukkel ek maar nog. Dis baie omvattend en werk op 'n beginsel van geweldig baie filters. Die probleem met so 'n stelsel is dat hoe meer filters jy gebruik, hoe groter is die kans dat jy die JP verloor. Selfs as jy al die filters gebruik, bly daar net te veel lyne oor om te speel en die moontlikheid bestaan dat jy in elk geval nie die JP verloor het. Woensdag se JP is in ek geval onmiddellik uitgegee as gevolg van die feit daar net 2 dekades was (my filter was gestel om 3-5 dekades) asook die feit dat daar 2 en 3 opeenvolgende nommers was. Statisties was dit heeltemaal uit lyn uit. Ek wonder nog steeds hoe daar 2 wenners kon wees. Was dit pure geluk? Gewoonlik is jou quickpicks statisties redelik goed versprei. Maar nou ja, ek hoop dat hierdie twee mense die geld regtig nodig gehad het..........!